Geschiedenis

Snaaks, hoe kom nou die Rooikop Sous van Afrika na Friesland? Die oorspronklike resep is toeka saamgestel deur my ouma-grootjie en van haar naar haar dogter en kleindogter deur gegee. My Ma-hulle het Europa toe gereis en uiteindelik in Nederland gebly en op hierdie manier het verskillende resepte hier beland. As achter kleinboetie het ek die familie-resep ontwikkel om die Rooikop lokaal te maak!

Dis lang gelede dat mense met ossewaens deur die onherbergsaam land van suidelijk Afrika het getrek. Hierdie avonturiers en landverkenners het gehoop nieuw land te verken en te ontwikkel. ‘n Belangrike voorwaarde om te lewe was natuurlik die aanwesigheid van water en dis ‘n groot skaarste in hierdie kontreie. Die mens moes wag op die reëentyd en soms is daar baie water in die riviere wat hier en daar in ‘n poel agterbly.

Die mense was afhanklik van die jag op wild vir die vleis. Verder kon hulle op sommige plekke in die veld eetbaar wortels en vrugte vind. Ons kan ons voorstel dat ‘s aans ‘n vuurtjie word gestook om die vleis en aardvrugte te braai. an van hierdie noodsakelike gewoonte het ons teenwoordige ‘braaivleis’ ontstaan.

Heden ten dae word water opgepomp deur windpompe en in groot bassins bewaar vir gebruik om graan, groente en vrugte te teel. In die loop van die tyd het verskillende nasionaliteite hulle gevestigd in hierdie land. Op die manier het voeding ook ‘n internationale tint gekry. Daar word baie vleis geeet van wild, vee en bokkies. Pampoen, tamaties, patat en mielies hoor by Afrikaanse kos.

Wel het speserye ook hul intrede gedoen en het seker die ontwikkeling van verskillende souse beïnvloed. My oumagrootjie het altyd haar eie resep vir Rooikop Sous gemaak en dit is van generasie naar generasie deur gegee.

Ons is van mening dat almal die kans moet kry om hierdie heerlijke outentieke Afrikaanse sous te proe en te belewe! Die Rooikop Sous word nou ook geproduseer in Friesland met plaaslyke produkte soos geredde tamaties en zonder kunsmatige toevoegings.